FASILITEITE & PERSONEEL

By Die Oord PV3 is ons trots op fasiliteite wat die beste vir ons inwoners bied. Ons personeel is passievol oor wat hulle doen, en skep spesiale bande met die inwoners, maar terselfdertyd is hul streng wanneer dit nodig is.

DIE OORD PV3 ACCOMMODATION

BEHUISING

Verblyf by die Die Oord PV3 bestaan ​​uit 18 huise waar mans en vroue in aparte huise woon, onder streng toesig van ‘n huismoeder. Die algemene daaglikse versorging van die inwoners ontvang die hoogste prioriteit. Die huismoeders onderhou toesig, en verleen hulp aan inwoners waar nodig.

KITCHEN

KOMBUIS

In ons volledige toegeruste kombuis is ons toegewyde personeel besig om drie gebalanseerde etes per dag voor te berei, wat in die eetsaal onder toesig van die huismoeders geniet word. Inwoners ontvang hul medikasie na elke maal onder toesig van die verpleegpersoneel.

DIE OORD PV3 MEDICAL CARE

MEDIESE SORG

Ons toegewyde en opgeleide verpleegpersoneel verseker dat inwoners optimale mediese sorg ontvang. Algemene mediese probleme word daagliks opgevolg en behandel. Bloeddruk vir pasiënte op bloeddrukmedikasie word gereeld nagegaan en aangeteken. Die inwoners se liggaamsmassa word gereeld geweeg en maandelikse inspeksies verseker dat die standaard op die hoogste vlak gehandhaaf word.

Ons spesiale sorgeenheid is die afgelope 10 jaar in gebruik en vorm ‘n integrale deel van Die Oord Pv3. Hierdie fasiliteit bied 24-uur-sorg vir inwoners en verseker ‘n gelukkige en vreedsame aftrede. Die Oord PV3 spog met ‘n unieke waarnemingstelsel, waarby huismoeders en instrukteurs op ‘n deurlopende basis hul waarnemings van elke inwoner aanteken. Die kliniese en toesighoudende personeel bestudeer hierdie inligting om te verseker dat probleme vroegtydig opgespoor word en sonder enige vertraging opgelos word.

SEKURITEIT

By Die Oord PV3 neem ons ons sekuriteit baie ernstig op. Juis daarom het ons ‘n eklektiese heining opgerig wat ons omtrek beskerm en het ons ‘n veiligheidswag aangestel wat ons ingang 24/7 beman.Inwoners word ook nie toegelaat om die perseel te verlaat sonder om die korrekte aanmeldprosedure te volg nie en moet vergesel wees deur ‘n gemagtigde ouer of voog.

tuckshop snoepwinkel

SNOEPWINKEL

Die snoepie is altyd ‘n treffer op ‘n Vrydag wanneer die inwoners koeldrank, lekkers en / of noodsaaklikhede soos seep, tandpasta, ens. kan koop, indien nodig. Die inwoners word voorsien van sakgeld vir hul pogings in die werkswinkel en dit maak die snoepwinkel ‘n welverdiende beloning vir die week.

hair dresser die oord pv3

HAARKAPPER

Higiëne is belangrik, en om te verseker dat hare goed versorg word, maak deel uit daarvan. Ons haarkappersdiens word beskikbaar gestel teen ‘n minimale vooi vir inwoners wat dit benodig.

DIE-OORD-PV3-PUT-PUT

PUT-PUT

Ons inwoners kry groot genot uit ons mini-golf fasiliteit.

(012) 253 0750/1/2    l    oordinfo@oordpv3.co.za  

P O Box 934, BRITS, 0250

×
×

Cart